DIE KLIPSKUUR 2017-10-30T08:17:33+00:00

logo-single

Kom Trou in ‘n sandsteenskuur met kaggelvuur getooi in Fransie mooi.

Be Wedded in a sandstone barn with whimsical charm in French allure bestowed.

Die Klipskuur

In ‘n dierbare ou Sandsteen Melkstal met sy aangrensende Klip Kraal, op ons plaas Florence naby Chrissiesmeer het daar ‘n Sandsteen “Venue” TROUPLEK, verrys wat geen gelyke in die omgewing het nie. Die plek het ‘n tipies Afrikaanse plattelandse gevoel met ‘n Franse “flirtasie”.

Die mure is van sandsteen en ou geroesde sinkplaat, dit word gekomplementeer met naatlose wit-grys sement vloere en minimalistiese kristal kandelare. Die deure en vensters met afgedopte verf kom uit vergange se dae. In die badkamers is unieke skoffelskaar krane met koperpyp afwerkings.

Dit is geleë langs ‘n bloekom bos, op die oewer van twee forel damme, met ‘n verdere uitsig oor een van die baie mere in die Mere Distrik van Chrissiesmeer. Net onder die damme is ‘n nostalgiese hoëveldse syferfontein met tipiese treur wilge bome.

In ‘n naby geleë dennebos is ‘n feëtjie boskerk gebore, die gaste sit op boomstompe nadat hulle deur die ou Waenhuis deure gestap het.

Ons Spesialiseer in groot troues.

Die perseel bestaan uit verskillende Venue opsies.

  1. Die Stal wat 300 mense kan akkommodeer en ook groter en kleiner gemaak kan word na gelang van die geleentheid of funksie.
  2. Die kraal met  ‘n outydse stoep,  en ‘n grasperk gedeelte word  omhels deur die ou klip kraal, ideaal vir vooraf versnapperinge by ‘n troue of ‘n oggend tee.
  3. Die lapa, bestaan uit ‘n tipiese ronde organiese ringmuur gebou met latte en los klippe, ‘n heerlike vuurmaak plek, ideaal vir braai funksies.
  4. Die patio met klip pilare, latte dakkies en skopgraaf waterwerk, vul die lapa goed aan en is geskik vir enige buite funksie.