|
||||||||||||||||
![]() Wedding Venue ![]() Accommodation ![]() Dining ![]() Farming ![]() What's On Now ![]() History ![]() What our Clients Say |
Gestolde Beetslaai
Gestolde Beetslaai
Keslina maak die resep altyd vir ons en dis baie lekker. Berei eers jou giet vorm bak voor, voor jy begin werk ( Spuit dit met “Spay en Cook” ). 4- 5 k gaar gerasperde beet (Was die rou beet, sny blare af, kook tot gaar, dit neem noggal lank, steek met vurk om te toets of dit sag is. Laat afkoel , en rasper dan..) 1 k Mayonaise 1 med ui gerasper Meng alles saam 10 ml Suurlemoensap 2 ml sout 2 ml growwe swart peper
1 pak Raspberry Jellie (enige rooi jellie) 5 ml Gelatien Meng en los goed op, voeg by beet mengsel 125 ml Kookwater Werk vinnig, dit moet nog warm wees as jy dit by die beet gooi, anders begin dit stol voor dit met die beet gemeng is .
Voeg alles in gespuite ring vorm. Laat stol in Yskas vir 3 ure of oornag. Keer dit om op ‘n mooi glas koek staander en versier met groen kruie en rose.
Met liefde Heléne |
|||||||||||||||
|
||||||||||||||||