|
||||||||||||||||
![]() Wedding Venue ![]() Accommodation ![]() Dining ![]() Farming ![]() What's On Now ![]() History ![]() What our Clients Say |
Ané se lekker Bobotie Ané se lekker Bobotie Dit is reg vir 2.5 kg maalvleis. Dit maak ‘n groot Pyrex bak vol vir 10 tot 12 mense
50 ml botter / olie Begin die uie braai en voeg dan nr 2 by om ook te braai.
50ml Kerrie poeier “Hot” 5 ml Borrie Braai liggies saam met nr 1 1 Kaneel stokkie 5ml Vars gerasperde gemmer 5 ml Growwe swart peper
½ (half) Suurlemoen Skil – (gebruik daardie spesiale suurlemoen skillertjie of rasper) ½ (half) Vars Suurlemoensap 100ml Droë wit wyn 2 blokkies Beef ekstrak in ½(half) koppie kookwater opgelos ( Wanneer ek hierdie blokkies gebruik in ‘n resep gooi ek meestal nie ekstra sout by nie, want die blokkies is baie sout) 50 ml “Mr Balls” Blatjang ( Hot) 4 Snye wit brood – ou brood werk goed en ek rasper dit sommer.
Voeg by die vleis mengsel en kook alles tot gaar. Plaas in gesmeerde bakskottel sonder deksel.
Op hierdie punt kan die maalvleis gevries of gebêre word vir latere gebruik. As jy dit later gebruik, moet die vleis kekker losgemaak word met ‘n vurk, voordat die melk mengsel oorgegooi word.
2 k Melk 2ml sout Giet oor die maalvleis mengsel sodat dit net bedek is, druk ‘n paar vars suurlemoen blare of lourier blare in die vleis mengsel
Bedien met :- Blatjang en geroosterde klapper (Gooi die klapper in ‘n braaipan sonder enige olie en laat dit ligbruin word, pasop dit brand maklik)
Bykos:- Geelrys en rosyne ( Kook rys op die gewone manier en voeg net bietjie borrie en rosyne by. Die hoeveelheid borrie bepaal die kleur van die rys, pasop vir borrie - te veel - die rys kry ‘n frank smaak) Slaai.( Vars groenslaai, en kool en wortelslaai) |
|||||||||||||||
|
||||||||||||||||