Search     Exact Match


Syferfontein oor die Wasbank

SYFERFONTEIN OOR DIE WASBANK

 

Syferfontein in the winter

 

Hoe baie het ons nie al langs die pad gery en dan sien ons die afdraai na Syferfontein of die plaas met die naam Wasbank. Dis woorde wat bekend op die oor klink, maar wie weet wat dit eintlik beteken ?

Op Florence het ons 'n fontein, en dit was maar van altyd af net “die fontein”. Daar is jare gelede ‘n klein walletjie gegooi en van dat ons die plaas het is die opgedamde fontein maar daar. Die kinders het ure se pret met boomhuise in die ou groot wilgerbome gehad, ek praat nie eens van die klei-lat oorloë wat daar gevoer was nie.

So stap ek en een van my gaste op ‘n dag met ‘n glasie wyn na die fontein om daar te sit terwyl die son sak, dis toe dat hy my verduidelik dat dit nie net sommer so ‘n fontein is nie, dis ‘n “syferfontein”. Hy haal net daar en dan sy grondboor uit en boor vir my gaatjies om my te leer hoe ‘n syfer fontein werk.

Lees gerus sy verduideliking hier onder, en as jy weer langs die pad Wasbank en Syferfontein sien sal jy presies weet wat dit beteken.

 


As gevolg van eeue se laterale beweging van reënwater in vlak grond op sandsteen is die Wasbank grondvorm aan die laagste punt van 'n voetbank gevorm. Hierdie grondvorm vind u net in 'n ou landskap met konstante fluktuerende watertafel. Hier op die koel oostelike hoëveld (Florence) het die Wasbank grondvorm 'n baie donker A-horison (bo-grond) as gevolg van 'n digte plantegroei dekking. Die E-horison (2de laag) is 'n grys en sanderige laag en was gevorm deur die illuviasie (uitwas) van basiese minerale en klei. Hierdie minerale het laer vasgesteek en 'n nuwe reaksie ondergaan naamlik oksidasie (verroesting) om die harde plintiet (ouklipbank) te vorm.

Die Wasbank vorm die fondasie van 'n vleiland op die plaas. Met konstante toevoer van water en goeie ekologiese bestuur kan hierdie vleiland bewaar word.

Die teenwoordigheid van water onder die voet-hang is nie 'n enkele fontein nie, maar 'n weie band van syferwater op en uit die sandsteen na die Wasbank.

Tienus Botha ( 076 6130 124)
Pedoloog
Desember 2010

 

Kom klink ‘n glasie wyn op die sandsteen bankie by ons eie Syferfontein, en hou die geel vinke dop wat nessies bou in die wilgerboom takke.

Ané

 
  Address:
Florence Guest Farm
Chrissiesmeer, we are situated on the N17 just 5km outside Chrissiesmeer towards the Kruger National Park and Swaziland.
South Africa
Cell :+27 (0)82 802 2146
Tel :+27 (0)82 804 1771
       
Chrissiesmeer
Booksure™
BirdLife South Africa, Birder Friendly Accommodation
       

Kwikwap Website Consultant: Janett


Hits to date: 475 Website designed using Kwikwap