TROUKAR 2017-10-30T08:17:33+00:00

logo-single

 Troukar : Loraine

‘n Week voor my dogter Hélene se troue, het ons nog nie ‘n troukar gehad nie…  Ek het onthou dat iemand jare gelede so ‘n mooi ou lang slap kar in Chrissiesmeer gehad het. By verdere navraag spoor ons toe die ou kar op, en ja sowaar dit kon nog ry.

Die pragtige ou bottelgroen Crysler 1971 model het behoort aan Loraine en Flippie Gouws. Hulle het die Crysler in 1988 tweedehands gekoop vir R8,000 gekoop.  Lorain vertel van heerlike familie vakansies op Umhloti met die groot gesinsmotor.

Daarom is die troukar se naam LORAINE.

Joné Gouws,  hulle seun was op daardie stadium 12 jaar oud, het sy pa aangehits om die ou kar te koop nadat hy die advertensie gesien het.  Ons het die ou kar by hom gekoop vir die Venue. Dit was eintlik ‘n ruilhandel transaksie met ‘n ou Toyota bakkie wat aan ons behoort het.

Die Crysler was in ‘n baie verwaarloosde toestand, aangesien sy te groot was vir ‘n normale motorhuis, moes sy in die wind en weer gestaan het.  Ons het haar net vars gemaak en die roes kolle netjies gemaak, daarom dat die jongklomp haar nog steeds so misbruik met al hulle mannewales!

Die kar is te huur vir R500 per dag. Enige een van die trou geselskap kan haar bestuur tydens die trou seremonie.