Dennebos kerk
In ons kinders se feëtjie bos, het ons ‘n opelug kerk geskep. Die sitplekke is net gewone groot ou stompe. Daar kan 300 gaste geakkomodeer word.
Om die area te definieer het ons ou waenhuis deure by die ingang staangemaak. ‘n Ou dieseltenk word as tafel gebruik by die ingang en menige lekker warm drankie soos kondensmelk koffie is al daar voor die tyd aangebied.
- Ons verskaf ‘n klankstelsel in die boskerk.
- Kussings vir die stompe.
- ‘n Hessien mat.
- Teken tafeltjie met twee stoele.
- Preekstoel ( Stomp )
Ander versierings kan deur die bruid self gedoen word.
Slegs organiese, maklik verwyderbare konfettie mag gebruik word.
We created a charming church outside in our children’s Enchanted Forest. Our log seating easily accommodates up to 300 guests.
To define the area, old Barn doors were placed at the entrance, and an old diesel tank is used as a table to serve some drinks.
- We provide a sound system in the forest.
- A hessian runner/carpet.
- Table and two chairs for the signatures.
- Log as pulpit.
The bride should do all other décor. Only organic confetti should be used.