Newsletters
Nuusbrief oor die Gebeure in 2010/11
Die winter van 2010 sit ek dag vir dag in die lekker warm sonnetjie in my woonkamer, maar ek dink en beplan dat die rook so staan Die nuwe Trou Venue moet dit gebeur of moet dit nie gebeur ? As ek begin kan ek nie omdraai. Wil ek dit doen ? Moet ek dit doen ? Wat gaan ek met my lewe doen die volgende 20 goeie seisoene wat voorlê ? …
LEES MEER
Nuusbrief oor die Gebeure in 2009/10
Nuusbrief oor die Gebeure in 2005/6
Ons oudse het skool verlaat en ek kan nie glo hoe ‘n mens net ryp word vir al hierdie dinge wat met jou moet gebeur. As familie het ons nou twee seisoene net heerlike bosveld vakansies gehad, op ons eie plaas Bloubank. Ons het hierdie jaar twee perde saam geneem en dit was heerlik om op die wildsplaas met hulle te beweeg. Dit was veral vir die meisiekinders lekker want hulle raak later uitgekuier met die manne se onophoudelike gejag. Daar was net ‘n groot leemte. Wilhelm was nie daar nie !!! Verder het ek en Nico gedurende April ‘n wonderlike week saam met vriende by die KKNK gehad…LEES MEER
Nuusbrief oor die Gebeure in 2004/5
Kaalgestroop Opstel
Krulletjies en draaitjies in die mooiste kleure van rooi, geel en pers, so wys die weerman op die TV hoe die sikloon nader aan die kontinent beweeg. Ons konsentreer so op die weer patroontjies dat ons skaars agterkom dat daardie selfde kleurryke sirkelpatrone ons eie land soetjies droog suig. Droër en warmer word dit hier, terwyl die nuus van oorstromings in Mozambique ons bereik. Mens en dier smag na lafenis in die versengende hitte van die dae wat volg. Geleidelik sien ons voor ons oë statige mielieplante hul greep op die lewe verloor …LEES MEER